Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swart, Charles Robberts
Swart, Charles Robberts [boodskap #124086] So, 13 Januarie 2019 13:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles Robberts Swart was die Eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. In 1894 in die Oranje-Vrystaat gebore. Hy studeer in Suid-Afrika en in die V.S.A., waar hy verskeie jare lank gebly het. Daar het hy as joernalis gewerk, en ook in rolprente in Hollywood opgetree. Hy keer terug na Suid-Afrika en word in 1921 sekretaris van die Nasionale Party in die Oranje-Vrystaat. As ondersteuner van generaal Hertzog word hy in 1923 L.V. vir Ladybrand. In 1948 word hy Minister van Justisie onder dr. D.F. Malan. Na dr. E.G. Jansen se dood in 1960, volg hy hom op as Goewerneur-generaal. Op 31 Mei 1961 beëdig as Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Afgetree in 1967.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swartbek-Kakelaar
Volgende onderwerp: Swarte Ommegang, Die
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:02:30 MGT 2024