Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swartbaar (Centrarchidae)
Swartbaar [boodskap #124084] So, 13 Januarie 2019 13:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Grootbek-swartbaars
Grootbek-swartbaars
Swartbaars (Centrarchidae) is ’n familie vleisetende Noord-Amerikaanse varswatervis, waardevol as voedsel en as sportvis. Die swartbaars-mannetjie bou ’n nes, lok verskeie wyfies om daarin te lê, en jaag hulle dan weg. Hy bewaak dan die klein vissies totdat hulle kan wegswem.

Verskeie spesies is in Suid-Afrikaanse riviere en damme losgelaat:
(1) Die Grootbek-swartbaars, 21 duim lank, ingevoer in 1928 en word twee jaar later gevolg deur vis wat aan die Kaap geteel is.
(2) Kleinbek-swartbaars. Hou van helder, koel lopende water. Na Kaapland ingevoer in 1937. Sowat 18 duim lank.
(3) Gespikkelde swartbaars, ingevoer in 1939. Geskik vir die turfagtige riviere van Suid-Afrika. 20 duim lank.

Terselfdertyd is Blue Gills (Lepomis machrochirus) wat vinnig aanteel en goeie eetvis is, ingevoer om as aanvullende voedsel vir die swartbaars te dien.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swakoprivier
Volgende onderwerp: Swartbek-Kakelaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:34:00 MGT 2024