Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swakopmund
Swakopmund [boodskap #124082] So, 13 Januarie 2019 13:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Swakopmund is 'n dorp in Namibië (Suidwes-Afrika), aan die mond van die Swakoprivier wat baie selde vloei. Dit is in 1892 onder die Duitse bewind gestig toe ernstige pogings aangewend is om dit as ’n seehawe te ontwikkel. ’n Kaai is gebou vir die beskerming van skepe. Ongelukkig was dit ’n mislukking as gevolg van toeslikking en die mededinging van die geriefliker Walvisbaai. Sedert die Eerste Wêreldoorlog, toe dit een van die eerste dorpe was wat deur die Unie-troepe beset is, het dit ’n kusoord vir die gebied geword.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swael
Volgende onderwerp: Swakoprivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:19:41 MGT 2024