Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swael (Hirundinidae)
Swael [boodskap #124081] So, 13 Januarie 2019 13:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Swael (familie Hirundinidae) is 'n klein voëltjie met ’n diep gevurkte stert wat orals in Suid-Afrika aangetref word, behalwe in die droogste streke. Trekvoëls van die Europese winter. Alle swaeltjies, en windswaels, het lang vlerke, en is insekte-etende voëls wat die grootste deel van hulle lewens in die lug deurbring. Hulle snawels is kort met breë neusgate en hulle bene en pote is swak. Hulle modderneste is gewoonlik met vere uitgevoer. Die meeste soorte het staalblou rûe en wit, kastaiing of swart onderkante.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swaardvis
Volgende onderwerp: Swakopmund
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:33:12 MGT 2024