Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suzman, Mev. Helen
Suzman, Mev. Helen [boodskap #124078] So, 13 Januarie 2019 12:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Helen Suzman in 1959.
Helen Suzman in 1959.
Mev. Helen Suzman (1917-2009) was 'n lid van die Progressiewe Party van die Suid-Afrikaanse Parlement. Suzman is op 7 November 1917 as Helen Gavronsky op Germiston gebore. Sy ontvang opleiding aan die Universiteit van die Witwatersrand. Van 1941 tot 1944 dien sy op die Raad vir Oorlogsvoorrade. Sy word ’n prominente werker vir die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rassebetrekkinge en lektrise in Ekonomiese Geskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy word in 1953 parlementslid vir die Verenigde Party, maar sluit by die Progressiewe Party aan met laasgenoemde se stigting en word in 1958 verkies as sy alleen-verteenwoordiger in die Parlement. Sy was uiteindelik tot 1989 'n lid van die Volksraad gewees.

Suzman was gekant teen die invoering van raswette deur die regering. Sy besoek Nelson Mandela in 1967 in die gevangenis op Robbeneiland. Dit was die begin van 'n langdurige vriendskap waarby sy hom 'n aantal kere in die gevangenis besoek het. In 1996, na die val van die apartheidsregime, staan sy langs Mandela toe hy as president die nuwe grondwet van Suid-Afrika onderteken.

Suzman is op 1 Januarie 2009 (op 91-jarige leeftyd) in Johannesburg oorlede. Sy is twee keer vir die Nobelprys vir Vrede genomineer en het tydens haar lewe 27 eredoktorate van universiteite oor die wêreld ontvang.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suurvy
Volgende onderwerp: Swaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:00:25 MGT 2024