Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suikerbekkie (Nectariniidae)
Suikerbekkie [boodskap #124064] So, 13 Januarie 2019 12:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Suikerbekkies (ook Suikervoëltjie; Nectariniidae) is ’n tropiese voëlfamilie waarvan baie soorte dwarsdeur Suidelike Afrika versprei is. Hulle is klein voëltjies, almal met lang, gekromde snawels om nektar mee te drink; die wyfies is eenvoudig terwyl die mannetjies se verekleed feitlik altyd ’n metaalagtige glans het. Die pragtigste van almal is miskien die Jan Groentjie, met sy lang, reguit stert en blougroen glans. Slegs een familielid, die langstert-suikervoeltjie (Promerops cafer), is dowwer gekleurd met ’n geweldige lang stert, wat dikwels gesien kan word waar dit tussen die proteas van die Wes-Kaap vlieg.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suiker
Volgende onderwerp: Sunday Times
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:55:51 MGT 2024