Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suid-Afrika (RSA)
Suid-Afrika [boodskap #124058] So, 13 Januarie 2019 09:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Suid-Afrika is 'n land en republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Swaziland. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika. Die uitvoerende hoofstad is Pretoria met sy regeringskantore by die Uniegebou. Kaapstad is die wetgewende hoofstad met die parlement wat daar vergader, en Bloemfontein is die geregtelike hoofstad. Die land is in nege provinsies verdeel: Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap, Noordwes, Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap. Elf amptelike tale word besig: Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Suid-Ndebele, Suid-Sotho, Swazi, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zoeloe.

JAARTALLETABEL

1488 Bartholomeüs Dias, Portugese seevaarder seil om die Kaap die Goeie Hoop en land by Algoabaai.
1497 Vasco da Gama, ’n Portugees, land by St. Helenabaai en Mosselbaai en kom op Kersdag by Natal aan, vandaar die naam.
1503 Antonio de Saldanha land in Tafelbaai en verken Tafelberg.
1580 Sir Francis Drake seil om die Kaap.
1601 Die eerste vloot van die Engelse Oos-Indiese Kompanjie doen by Tafelbaai aan.
1647 Die Haarlem strand in Bloubergstrand en die bemanning bly vyf maande lank aan die Kaap.
1650 Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie besluit om Tafelbaai ’n verversingspos te maak.
1652 Jan van Riebeeck en sy geselskap kom by die Kaap aan.
1665 Bouwerk begin aan die Kasteel.
1679 Simon van der Stel aangestel as Goewerneur.
1688 Eerste Hugenote kom aan.
1699 Willem Adriaan van der Stel aangestel as Goewerneur.
1706 Adam Tas en ander burgers protesteer teen die Goewerneur.
1751 Stigting van Swellendam.
1754 Sensus toon daar is 5,510 Blankes en 6,279 slawe.
1760 Die jagter, Jacobus Coetsee, steek die Oranjerivier oor.
1778 Die Visrivier word vasgestel as grens van die Kaapkolonie.
1779 Eerste Kaapse Grensoorlog.
1782 Inboorlinge word verslaan deur Boere-Kommando’s. Die Grosvenor strand.
1786 Graaff-Reinet word gestig en ses burgers word aangestel as Raadslede.
1787 Tweede Kaapse Grensoorlog.
1795 Engeland verower die Kaap. Generaal Craig word aangestel as eerste Engelse Goewerneur. Beheer van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie word beëindig. Opstande by Graaff-Reinet en Swellendam.
1798 Groot brand in Kaapstad. Poskantoor geopen.
1800 Eerste koerant aan die Kaap gestig.
1803 Kaap word aan Holland teruggegee kragtens Vrede van Amiens in 1801.
1804 Uitenhage gestig.
1805 Kaap kom weer onder Britse bewind.
1806 Britse magte onder generaal Baird verower die Kaap.
1812 Stigting van Cradock en Grahamstad.
1814 Lord Charles Henry Somerset aangestel as Goewerneur.
1815 Slagtersnek-opstand.
1818 Vyfde Kaapse Grensoorlog. Stigting van Beaufort-Wes en Worcester.
1820 5,000 Britse immigrante (1820-Setlaars) kom in Algoabaai aan. Port Elizabeth kry sy naam. Eerste Sinode van die N.G. Kerk. Farewell, King en Fynn verkry grond in Natal van Tsjaka die Zoeloekoning. Mosjesj stig die Basoetovolk.
1825 Geboorte van Paul Kruger. Kaapkolonie word uitgebrei tot by Oranjerivier. Stigting van Somerset-Oos.
1828 Engelse setlaars gaan uiteen. Stigting van Malmesbury. Tsjaka gedood en word opgevolg deur sy jonger broer, Dingaan.
1830 Kaffrarië oopgestel vir handel.
1833 Britse regering besluit om slawerny af te skaf, en bied vergoeding aan.
1834 Sir Benjamin D’Urban aangestel as Goewerneur. Slawe vrygemaak.
1835 Durban word aangelê. Trichardt se Trek.
1836 Groot Trek begin uit Kaapkolonie. Eerste Volksraad noord van die Oranjerivier.
1838 Moord op die Trekkers deur Dingaan se Zoeloes by Weenen. Pretorius verslaan Dingaan. Boere stig ’n republiek in Natal.
1842 Dick King se rit na die Kaapkolonie om hulp te kry vir die Britte. Boere trek uit Natal.
1843 Natal word amptelik ’n Britse Kolonie. Griekwaland en Basoetoland skep verdragstate.
1844 Natal word by Kaapkolonie ingelyf, later weer geskei.
1846 Sewende Kaapse Grensoorlog.
1848 Gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier geproklameer as Oranjerivier Soewereiniteit onder Britse beheer.
1851 Nederlaag van die Britse en Boeremagte teen Mosjesj by Viervoet.
1852 Sandrivierkonvensie erken die onafhanklikheid van Transvaal.
1854 Eerste Parlement onder Verteenwoordigende Bestuur sit in Kaapstad. Die Republiek van die Oranje-Vrystaat gestig met J.P. Hoffman as President.
1855 Pretoria gestig.
1859 Bouwerk aan die eerste spoorlyn tussen Kaapstad en Wellington begin.
1860 Bouwerk begin aan Tafelbaaise dokke.
1864 J.H. Brand word President van die Oranje-Vrystaat. Paul Kruger word Kommandant-generaal.
1867 Ontdekking van diamante naby die Vaalrivier.
1870 Kimberley gestig.
1872 Kaapkolonie kry Verantwoordelike Bestuur.
1876 Sir Theophilus Shepstone aangestel as Administrateur van Transvaal. Hy beset Suid-Afrikaanse Republiek.
1879 Zoeloe-oorlog. Britte word verslaan by Isandhlwana. Oorwinning by Ulundi. Imperiale Prins van Frankryk gedood.
1880 Eerste Vryheidsoorlog. Slag van Amajuba.
1883 Paul Kruger word President van die Suid-Afrikaanse Republiek.
1884 Barberton se goudveld geopen.
1885 Spoorlyn na Kimberley geopen.
1886 Proklamering van die Witwatersrandse goudveld. Johannesburg word aangelê.
1890 Eerste Rhodes-Ministerie aan die Kaap.
1894 Spoorlyn tussen Lourenço Marques (nou Maputo) en Johannesburg geopen.
1895 Spoorverkeer tussen Durban en Johannesburg begin.
1896 Jameson-Inval.
1899 Tweede Vryheidsoorlog begin.
1902 Vrede van Vereeniging onderteken. Dood van Cecil John Rhodes.
1904 Dood van Paul Kruger in Switserland.
1905 Ontdekking van die Cullinan-diamant.
1907 Transvaalse Ministerie onder generaal Botha.
1908 Nasionale Konvensie.
1909 Suid-Afrika-Wet goedgekeur deur die Britse Parlement.
1910 Unie-Wet word op 31 Mei van krag. Eerste Unie-Kabinet onder generaal Botha. Eerste Unie-Parlement in November byeen.
1913 Mynwerkerstaking en onluste aan die Witwatersrand.
1914 Suid-Afrika in oorlog teen Duitsland en sy bondgenote. Rebellie breek uit.
1915 Inval van Suidwes-Afrika.
1916 Generaal Smuts in bevel van 50,000 Suid-Afrikaanse soldate in Duits-Oos-Afrika.
1919 Dood van generaal Botha.
1922 Randse Opstand.
1924 ‘Pakt’-Regering onder generaal Hertzog.
1926 Imperiale Konferensie erken Dominiumstatus.
1931 Statuut van Westminster goedgekeur deur die Imperiale regering.
1932 Goudstandaardkrisis.
1933 "Smelter-regering" van generaal Hertzog en Smuts; geboorte van die Verenigde Party.
1939 Tweede Wêreldoorlog. Breuk tussen Hertzog en Smuts. Generaal Smuts word Eerste Minister. Suid-Afrika verklaar oorlog teen Duitsland op 6 September.
1940 Suid-Afrikaanse magte onder generaal Pienaar help om die Italiaanse leër in Abessinië te verslaan.
1942 Dood van generaal Hertzog. Suid-Afrikaanse troepe neem deel aan die Slag van Alamein.
1945 Duitsland en Japan gee onvoorwaardelik oor.
1946 Oplewing in Vrystaatse goudaandele. Odendaalsrus word middelpunt van nuwe goudveld.
1948 Die Nasionale Party wen algemene verkiesing. Dr. D. F. Malan Eerste Minister.
1949 Dood van verskeie prominente Suid-Afrikaners: J.H. Hofmeyr, geleerde, politikus, Adjunk-premier in Smuts-kabinet; dr. H.J. van der Bijl, nyweraar, voorsitter van EVKOM, Yskor en ander ondernemings; I.W. Schlesinger, finansier en nyweraar.
1950 Dood van generaal J.C. Smuts (11 September). Oorlog breek uit in Korea. Suid-Afrika stuur lugeskader om VV-magte te help.
1951 Wet op die Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers aangeneem; Kleurlingkiesers op ’n afsonderlike kieserslys geplaas.
1948 Appèlhof verklaar Wet op Afsonderlike Verteenwoordiger van Kiesers ongeldig. Driehonderdjarige feesviering van die landing van Jan van Riebeeck. Hoë Hof van die Parlement onwettig verklaar deur die Appel-afdeling van die Hooggeregshof.
1949 Dr. D.F. Malan woon Statebondskonferensie by. Stigting van die Liberale Party.
1950 Johannes Gerhardus Strijdom volg dr. D.F. Malan op as Eerste Minister.
1951 Hervestiging van Bantoes in die Johannesburgse westelike woonbuurte, insluitende Sophiatown. Verslag van die Holloway-kommissie oor Universiteitsgeriewe.
1952 Vergrote Senaat en wysiging in die Kleurlingstemreg. Tomlinson-Verslag uitgereik. Hoogverraad-arrestasies. Sir De Villiers Graaff word leier van die Verenigde Party.
1953 Simonstad word deur die Britse Vloot aan die Suid-Afrikaanse Vloot oorgedra. Dood van sir Ernest Oppenheimer.
1954 Algemene Verkiesing. Dood van J.G. Strijdom. Dr. H.F. Verwoerd word Eerste Minister. Hoog- verraadverhoor begin.
1955 Dood van dr. D.F. Malan. Wet op Desimale Munt goedgekeur. Bantoe-owerhede ingestel. Suid-Afrikaanse ekspedisie na Antarktika.
1949 Viering van die 50-jarige bestaan van die Unie. Mynramp by Coalbrook. Onluste by Sharpville. Uitslag van Referendum ten gunste van Republiek.
1950 Instelling van desimale munt. Statebondskonferensie in Londen word bygewoon deur dr. H.F. Verwoerd, wat aansoek doen om voortgesette lidmaatskap, maar teenoor die aanvalle van ander premiers, sy aansoek terugtrek. Die Republiek-Wet word deur die Unie-Parlement goedgekeur om in werking te tree op 31 Mei 1961.
1951 Uitbreiding van die militêre magte. Verwydering van die wetlike beperkings op die verkoop van drank aan Bantoes. Oranjerivierprojek gemagtig.
1952 Transkei ontvang selfregering. Kierserslys opgestel. Werk begin aan die Oranjerivierskema.
1953 29 Rhodesiese opperhoofde besoek Suid-Afrika. Sinkgatramp aan die Wesrand. Suid-Afrika stuur mediese voorrade na die Kongo op versoek van die Kongolese regering.
1954 Wêreldhof verwerp Suid-Afrika se uitnodiging om Suidwes-Afrika te besoek (29 November).
1955 Suid-Afrika wen saak in Wêreldhof. Sluipmoord op dr. H. F. Verwoerd.
1966 John Vorster word Eerste Minister van Suid-Afrika.
1978 P.W. Botha word Eerste Minister.
1989 F.W. de Klerk word Staatspresident.
1990 Suidwes-Afrika word onafhanklik (voortaan Namibië genoem).
1992 Referendum om apartheid te beëindig.
1994 Eerste volledig demokratiese verkiesing en nuwe nasionale vlag onthul. Nelson Mandela president "Shell House"-slagting tussen ondersteuners van IVP en die ANC. Walvisbaai word amptelik aan Namibië oorhandig.
1999 Thabo Mbeki volg Mandela op.
2009 Jacob Zuma word president.
2018 Cyril Ramaphosa tot president verkies.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie
Volgende onderwerp: Suid-Afrika Stigting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:09:37 MGT 2024