Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap
Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap [boodskap #124055] So, 13 Januarie 2019 09:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap is in 1903 in Kaapstad gestig. Beroepswetenskaplikes en private persone wat belang stel in die wetenskap kan lede word. Geskoei op die lees van die Britse Vereniging, met afsonderlike afdelings vir die verskillende wetenskappe. Dit het twee keer saam met die Britse Vereniging in Suid-Afrika vergader, in 1905 en 1929. Kongresse word jaarliks in die verskillende stede van die Republiek, Zimbabwe (Rhodesië), Namibië (Suidwes-Afrika) en Mosambiek gehou. Hoofkantoor is in Johannesburg. ’n Tydskrif en jaarverslag word uitgegee.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse Vliegkorps
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:22:32 MGT 2024