Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK)
Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie [boodskap #124054] So, 13 Januarie 2019 09:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie is 'n statutêre liggaam wat in 1936 in die lewe geroep is om die radiodienste in die Unie en Suidwes-Afrika (nou Namibië) te beheer. Dit is geskoei op die lees van die British Broadcasting Corporation. Voor 1936 was dit bekend as die African Broadcasting Company, ’n private maatskappy gestig deur I.W. Schlesinger. Die hoofkantoor van die SAUK is in Johannesburg en dit word beheer deur 'n Beheerraad van lede wat deur die Staatspresident aangestel word. Lisensiegeld word deur die Poskantoor ingesamel. Die SAUK funksioneer op ’n landswye grondslag en het ateljees en kantore in plekke soos Johannesburg, Kaapstad, Durban, Pretoria, Bloemfontein, Grahamstad, Windhoek, Oos-Londen, Port Elizabeth, Pietermaritzburg en King William’s Town.

Daar was destyds drie programdienste wat landswyd uitgesaai het; ’n Afrikaanse Diens, Engelse Diens en Springbokradio, wat ’n advertensie- diens was. Daarbenewens was daar twee streek-advertensiedienste, Radio Hoëveld van Johannesburg af, en Radio Goeie Hoop van Kaapstad af. ’n Buitelandse diens wat in nege tale na alle dele van die wêreld uitsaai, is op 1 Mei 1966 ingestel. Daar was ook ’n programdiens vir nie-blankes, bekend as Radio Bantu. Dit het in ses tale oor sewe programme uitgesaai. Sien ook Uitsaaiwese en Radiotelegrafie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Skakel: http://www.sabc.co.za/
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:43:15 MGT 2024