Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suid-Afrikaanse Steenkool, Olie- en Gaskorporasie (SASOL)
Suid-Afrikaanse Steenkool, Olie- en Gaskorporasie [boodskap #124052] So, 13 Januarie 2019 09:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Suid-Afrikaanse Steenkool, Olie- en Gaskorporasie (SASOL) is 'n staatsondersteunde korporasie. Ingevolge die Maatskappyewet op 26 September 1950 gestig om ’n fabriek op te rig ten einde olie en petrol uit laegraadse steenkool te vervaardig. Toe die werk in die Noord-Vrystaat begin het, het ’n nuwe dorp, Sasolburg, tot stand gekom. Die aanleg is in twee dele gebou, gedeeltelik met Duitse en gedeeltelik met Amerikaanse hulp. Op 1 November 1955 is daar met die verkoop van Sasol begin, eers net in Transvaal. Baie moeilikhede het die beplande produksie van 71,000,000 gellings petrol en olie per jaar vertraag, maar dit is oorkom. Die boukoste van die aanleg het R14,000,000 beloop. In 1963 is daar ook met die produksie van kunsrubber begin.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Spaar- en Voorskotbank
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:37:15 MGT 2024