Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suid-Afrikaanse Reserwebank
Suid-Afrikaanse Reserwebank [boodskap #124049] So, 13 Januarie 2019 09:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die amptelike bank van die Republiek van Suid-Afrika. Dit het hoofsaaklik deur die inspirasie van wyle sir Henry Strakosch ontstaan ingevolge die Geld- en Bankwet van 1920. Dit is op 17 Desember van dieselfde jaar gestig en is op 30 Junie 1921 geopen. Dit het die wetteregtelike alleenreg om banknote uit reik, hanteer die Regering se rekening, en voorsien in die behoefte van die handelsbanke in sy gebied. Die hoofkantoor is in Pretoria, maar daar is takke in Johannesburg, Kaapstad en ander belangrike sentrums. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank hanteer die verkope van Suid-Afrika se goud- produksie, bepaal die diskontokoers en speel ’n groot rol in die bestuur van die Nasionale Finanskorporasie van Suid-Afrika. In 1960's beloop sy kapitaal R2,000,000 en sy bates nagenoeg R200,000,000.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Polisie
Volgende onderwerp: Seinkorps
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:43:42 MGT 2024