Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suid-Afrikaanse Polisie (SAPS)
Suid-Afrikaanse Polisie [boodskap #124048] So, 13 Januarie 2019 09:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Suid-Afrikaanse Polisie is op 1 April 1913 gestig as ’n samesmelting van die bestaande magte van die vier provinsies. Tot 1926 is sekere militêre pligte, veral in Bantoegebiede, deur die South African Mounted Rifles, wat toe by die Suid-Afrikaanse Polisie ingelyf is, uitgevoer. Die werk van die Polisiemagte in Durban en Pietermaritzburg wat deur die stadsrade beheer is, is uiteindelik in 1937 oorgeneem, terwyl die Suidwes-Afrikaanse Polisie in 1939 ingelyf is en weer in 1990 oorgedra is aan Namibië. Die hoofkwartier en opleidingskollege is in Pretoria, wat ook die setel is van die Suid-Afrikaanse Kriminele Buro, die Vingerafdrukorganisasie, ens.

Teen die 1960's beskik die Suid-Afrikaanse Polisie oor nagenoeg 22,000 man waarvan ongeveer die helfte blankes was. Daar was teen daai tyd sowat 1,000 polisiestasies in die Republiek en Suidwes-Afrika (nou Namibië), en die hele gebied is verdeel in 9 afdelings.

In 1995 verander die naam simbolies na die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Teen die einde van 1995 was die tien polisie-agentskappe van die voormalige tuislande geïnkorporeer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Party
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse Reserwebank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:25:43 MGT 2024