Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Suid-Afrikaanse Party
Suid-Afrikaanse Party [boodskap #124047] So, 13 Januarie 2019 08:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Suid-Afrikaanse Party was 'n politieke party in Suid-Afrika. Deur die samesmelting van die Afrikanerbond, Orangia-Unie, Het Volk en ’n aantal Engelssprekende elemente is die party met die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 in die lewe geroep. Dit het hierdie vorm tot 1913 behou toe die Nasionale Party onder generaal J.B.M. Hertzog afgeskei het. Dit het egter sy naam en identiteit behou en is in 1920 versterk deur die Unionistiese Party. Tot sy dood in 1919 was generaal Louis Botha die leier van die Suid-Afrikaanse Party en daarna generaal J.C. Smuts. In 1933 het dit deel geword van die latere Verenigde Party.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Noodhulpliga
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse Polisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 21:04:27 MGT 2024