Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stuiwer (Sts.)
Stuiwer [boodskap #124034] So, 13 Januarie 2019 07:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou Nederlandse suiwer.
'n Ou Nederlandse suiwer.
'n Stuiwer is 'n muntstuk wat vroeër aan die Kaap in gebruik was en ná die Britse besetting afgeskaf is. Amper gelyk aan 'n pennie, maar later gewaardeer op 'n halfpennie. Die afkorting vir stuiwers is Sts.

Die woord "stuiwer" kom in die ou (1953) vertaling van die Bybel voor: "Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie." [Matteus 10:29].

In die nuwe (1983) vertaling is die woord "stuiwer" met "sent" vervang: "Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie."

In 1923 is daar twee mossies op die keersy van Suid-Afrika se kwartpennie aangebring (in verwysing na bogenoemde Bybelvers). Die mossies is later op die halfsent en toe op die een-sent uitgebeeld. Met die verval van die 1-sent het die simbool egter verdwyn.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stuartstown
Volgende onderwerp: Stuttaford, Richard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:38:30 MGT 2024