Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stuart, Jacobus
Stuart, Jacobus [boodskap #124032] So, 13 Januarie 2019 07:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jacobus Stuart was 'n skrywer oor Transvaal. Van Skotse afkoms, in 1803 in Holland gebore. Hy word ’n staatsamptenaar en emigreer in 1851 na Natal. Van Pietermaritzburg trek hy die binneland in en dryf handel met die Boere in Transvaal. Hy ontwikkel ’n groot geneentheid vir die Boere. Sy boek, De Hollandsche Afrikanen en hunne Republiek, in 1854 uitgegee, was die vroegste betroubare verslag oor dié land. In 1857 het hy gehelp met die opstelling van die oorspronklike Republikeinse grondwet. Hy het ook die eerste skema om immigrasie van Holland na Transvaal aan te moedig, voorgelê. In 1878 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stuart, Henri George
Volgende onderwerp: Stuartstown
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:10:51 MGT 2024