Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stuart, Henri George
Stuart, Henri George [boodskap #124031] So, 13 Januarie 2019 07:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Henri George Stuart was 'n regter van die Republiek van die Oranje-Vrystaat. In 1863 gebore en ontvang sy opleiding aan Grey-Kollege, Bloemfontein, die South African College, Stellenbosch en in Holland. In 1887 begin hy as advokaat praktiseer in Bloemfontein en word in 1896 bevorder tot die regbank van die Republiek. Hy veg as kommandant in die Tweede Vryheidsoorlog, word lid van die Unie-Senaat in 1910 maar tree later af en gaan boer. In 1939 op Ladismith, Kaapland, oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Strydenburg
Volgende onderwerp: Stuart, Jacobus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:20:42 MGT 2024