Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Struben, Frederick P. Theophilus
Struben, Frederick P. Theophilus [boodskap #124028] So, 13 Januarie 2019 07:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick P. Theophilus Struben was die stigter van die eerste suksesvolle goudmynmaatskappy aan die Rand. Op 14 Junie 1851 in Pietermaritzburg gebore. Hy kom in 1870 na Kimberley en prospekteer in 1883 aan die Witwatersrand. In Februarie 1884 koop hy saam met sy broer, H.W. Struben, die plase Sterkfontein, Swartkrans en Wilgespruit. In Maart 1884 is die beroemde Confidence Reef daar ontdek en die volgende Junie in Pretoria aangekondig. In Desember 1885 is daar met vergruising met die vyfstampbattery begin. Struben tree in 1888 af om in Engeland te gaan woon en is op 7 September 1931 in Devonshire oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Strijdom, Johannes Gerhardus
Volgende onderwerp: Struben, Hendrik Wilhelm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:00:38 MGT 2024