Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Strijdom, Johannes Gerhardus
Strijdom, Johannes Gerhardus [boodskap #124027] So, 13 Januarie 2019 07:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Johannes Gerhardus Strijdom was die Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika. Op 14 Julie 1893 op die plaas Sandvlakte, naby Willowmore, Kaapland, gebore. Hy ontvang sy opleiding op Franschhoek en op Stellenbosch waar hy groot belangstelling ontwikkel het in die regte van die Afrikanergemeenskap. Nadat hy hom in die regte bekwaam het, sluit hy aan by die Staatsdiens in Pretoria, maar word in 1918 tot die balie toegelaat. Hy praktiseer as prokureur op Nylstroom, Transvaal, en begin aktief deelneem aan die politiek. Hy word in 1929 L.V. vir Waterberg en tree gou op die voorgrond met sy onversetlike sienswyse. Na die versoening tussen generaal Smuts en generaal Hertzog in 1933, was Strijdom ’n tyd lank die enigste Transvaalse ondersteuner van dr. D.F. Malan se Nasionale Party. Toe dr. Malan in 1948 aan bewind kom, is Strijdom, wat intussen die bynaam ‘Die Leeu van Waterberg’ gekry het, aangestel as Minister van Lande en Besproeiing. Toe dr. Malan in 1954 aftree, het hy hom opgevolg as Eerste Minister. In dié hoedanigheid het hy die Nasionale apartheidsbeleid en alles wat dit behels sterk gehandhaaf. Sy gesondheid het begin verswak en hy is in 1958 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Streepvis
Volgende onderwerp: Struben, Frederick P. Theophilus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:40:45 MGT 2024