Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stratford, James
Stratford, James [boodskap #124023] So, 13 Januarie 2019 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Stratford was die Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. In 1869 in Oos-Kaapland gebore en ontvang opleiding aan St. Aidan’s College, Grahamstad. Hy begin sy loopbaan as landmeter in diens van die Transvaalse Regering, gaan na Oxford om in die regte te studeer en word in 1898 tot die balie toegelaat. Van 1901 tot 1902 praktiseer hy in Kaapstad, toe in Transvaal. In 1921 word hy aangestel in die Transvaalse regbank, in 1927 word hy bevorder tot die Appèlafdeling en in 1938 word hy Hoofregter. Hy tree in 1939 af en is in 1952 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Strandwolf
Volgende onderwerp: Strauss, Jacobus Gideon Nel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:18:52 MGT 2024