Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stockenstrom, Andries
Stockenstrom, Andries [boodskap #124003] Sa, 12 Januarie 2019 19:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Andries Stockenstrom was 'n regter en prokureur-generaal. In 1844 op Graaff-Reinet gebore; van Sweedse afkoms. Op vroeë ouderdom gaan hy na Londen en Duitsland en word in 1865 tot die balie toegelaat. Die volgende jaar begin hy in Kaapstad praktiseer, maar kort daarna verhuis hy na Oos-Kaapland. In 1877 word hy Prokureur-generaal van die Kaapkolonie en twee jaar later regter van die Hooggeregshof. In 1880 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stinkhout
Volgende onderwerp: Stockenstrom, Sir Andries
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:08:16 MGT 2024