Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stinkhout (Ocotea bullata)
Stinkhout [boodskap #124002] Sa, 12 Januarie 2019 19:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die blare van 'n stinkhoutboom in Kaapstad.
Die blare van 'n stinkhoutboom in Kaapstad.
Die stinkhout (Ocotea bullata E. Mey) is 'n groot immergroen boom wat tot 24 meter (80 voet) hoog word. Die boom se blare het kenmerkende vratjies of blasies aan die bokant. Die ovaalvormige vrug van omtrent 2 cm word pers wanneer dit ryp is en het 'n kelk aan die basis wat soos 'n akker lyk. Die onaantreklike naam het sy oorsprong in die feit dat dit ’n tydlank nadat dit gesaag is nog ’n sterk reuk afgee.

Die hout word beskou as een van die beste soorte in die Republiek. Dit kom voor in die Knysna- en Natalse bosse. Produksie is vandag onder staatsbeheer en daar bestaan nog geen metode om dit van saad te kweek nie. Sien Plante.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stinker
Volgende onderwerp: Stockenstrom, Andries
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:00:23 MGT 2024