Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Steytler, Abraham Isaac
Steytler, Abraham Isaac [boodskap #123998] Sa, 12 Januarie 2019 19:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abraham Isaac Steytler was 'n Kaapse predikant met die bynaam, ‘Nederduitse Gereformeerde Pous’, vanweë sy groot invloed. Op 5 Februarie 1840 in Kaapstad gebore. Hy besoek die skool van die bekende dr. Changuion, en gaan later na Engeland en Holland. Hy keer terug van die Universiteit van Utrecht met ’n graad in die Godgeleerdheid. In 1863 word hy predikant op Uitenhage. Toe ’n deel van sy gemeente afgesny is, is ’n nuwe dorp met die naam Steytlerville aangelê. In 1881 is hy beroep na Kaapstad waar hy die res van sy loopbaan bly. Hy was ’n vooraanstaande figuur nie net in Kerksake nie, maar ook in die opvoedkunde. Hy was ook Moderator van die Kaapse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Tree in Oktober 1915 af en is op 17 Desember 1922 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Steynsrus
Volgende onderwerp: Stigting Simon van der Stel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:22:26 MGT 2024