Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Steynberg, Coert Laurens
Steynberg, Coert Laurens [boodskap #123994] Sa, 12 Januarie 2019 19:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Coert Laurens Steynberg was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer. In 1905 in Pretoria gebore en ontvang opleiding op Bethal, Transvaal, die Universiteit Rhodes en in Engeland. In 1933 ontvang hy die opdrag om te help met die versiering van Suid-Afrika-Huis in Engeland. Opdragte vir verskeie monumente het gevolg, onder meer, die Hugenotemonument op Franschhoek en dié van generaal De Wet in Bloemfontein. Hy het ’n oorsese toekenning ontvang vir sy ontwerp vir ’n gedenkteken aan die ‘Onbekende Politieke Gevangene’. Sy beeldhouwerk vir ’n monument vir die vredesonderhandelings by Vereeniging het groot polemiek uitgelok.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Steyn, President Marthinus Theunis
Volgende onderwerp: Steynsburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:25:59 MGT 2024