Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Steyn, President Marthinus Theunis
Steyn, President Marthinus Theunis [boodskap #123993] Sa, 12 Januarie 2019 19:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
President Marthinus Theunis Steyn is in 1857 op die plaas Rietfontein naby Winburg, O.V.S., gebore. Hy ontvang opleiding aan Grey-Kollege, Bloemfontein, en gaan na Leyden en die Inner Temple, Londen, om in die regte te studeer. Word toegelaat as advokaat en begin 1882 in Bloemfontein praktiseer. In 1889 word hy Staatsprokureur en in dieselfde jaar regter. In 1896 word hy verkies tot Staatspresident. Ten spyte van sy swak gesondheid het hy ’n gematigde invloed uitgeoefen op die Suid-Afrikaanse Republiek en Brittanje in hulle geskille. Hy het die samesprekings tussen lord Milner en pres Kruger in Bloemfontein gereël wat die laaste poging was om vyandelikhede te probeer voorkom. Toe die oorlog uitbreek, het hy by sy burgers in die veld aangesluit. Hy het hom onvermoeid beywer vir die heropbou van sy volk wat hom en sy vrou (gebore Tibbie Fraser) aanbid het. As ’n wyse, gematigde en taktvolle persoon het hy ’n onskatbare bydrae gelewer in die stigting van die Unie. Tydens die 1914-Rebellie het hy weer bloedvergieting probeer voorkom. In 1916 het hy ineengestort en gesterf onderwyl hy ’n vergadering in Bloemfontein toegespreek het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Steyn, Lucas Cornelius
Volgende onderwerp: Steynberg, Coert Laurens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:41:42 MGT 2024