Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Steyn, Hermanus
Steyn, Hermanus [boodskap #123991] Sa, 12 Januarie 2019 19:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hermanus Steyn was die President van die Republiek van Swellendam. In 1743 naby Bruintjesrivier, wat destyds die grens van die Kaapkolonie was, gebore. Na sy huwelik in 1765 met Margaretha van Staden, vestig hy hom naby Swellendam waar by gou die agting van sy bure afdwing. Hy stel baie belang in die ‘Patriotbeweging’ aan die Kaap in die jare 1770. Toe die bewind van die N.O.I.K. in 1795 tot ’n val kom en die Swellendamse burgers hulle eie Republiek in die lewe roep, is hy as President verkies. ’n Paar maande ná die aankoms van die Britte, is daar ’n einde aan hierdie Republiek gemaak. Omstreeks 1804 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stewart, Eerw. Dr. James
Volgende onderwerp: Steyn, Lucas Cornelius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:50:33 MGT 2024