Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stevenson-Hamilton, Lt. Kol. James
Stevenson-Hamilton, Lt. Kol. James [boodskap #123989] Sa, 12 Januarie 2019 19:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lt. Kol. James Stevenson-Hamilton was 'n Suid-Afrikaanse dierkundige en wildbeskermer en eerste kurator van die Nasionale Krugerwildtuin. In 1867 in Dublin gebore. Hy veg in die Zoeloe-rebellie van 1888. Hy vergesel majoor St. Hill Gibbons op sy Kaap-na-Kaïro-ekspedisie in 1898 en die verkenning van die waterskeiding tussen die Kongo en die Zambezi in 1898-99. Nadat hy in die Tweede Vryheidsoorlog geveg het, is hy in 1902 aangestel as bewaarder van die wildtuine van die Transvaalse Regering, ’n pos wat hy tot 1926 beklee het toe die Sabiwildtuin, waarvan hy feitlik die skepper was, omgeskep is in die Nasionale Krugerwildtuin. Hy bly kurator hiervan totdat hy in 1946 aftree. Baie eerbewyse is aan hom toegeken. Hy het ook standaardwerke geskryf, nl. Animal Life in Africa, The Lowveld, African Eden ens. In 1957 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stertriem
Volgende onderwerp: Stewart, Eerw. Dr. James
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:34:04 MGT 2024