Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stent, Vere Palgrave
Stent, Vere Palgrave [boodskap #123983] Sa, 12 Januarie 2019 19:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vere Palgrave Stent was 'n Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer. In 1872 in Suid-Afrika gebore. Hy ontvang opleiding aan St. Andrew’s College in Grahamstad en in Engeland. As jong man kom hy na Kimberley waar hy Cecil John Rhodes ontmoet en as gevolg van dié vriendskap trek hy na Zimbabwe (Rhodesië). As korrespondent van die Cape Times was hy tydens die Matabele-Rebellie van 1896 ’n ooggetuie van die beroemde indaba waarheen Cecil John Rhodes en ’n handvol metgeselle ongewapen gegaan het om die oproerige Matabele-leiers te ontmoet. Stent was ook in die beleg van Mafeking en was ook getuie van baie gevegte tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy word redakteur van die Pretoria News en het dit ’n sterk pro-Imperialistiese kleur gegee. In 1941 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stem van Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Sterkfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:33:23 MGT 2024