Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stem van Suid-Afrika
Stem van Suid-Afrika [boodskap #123982] Sa, 12 Januarie 2019 19:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Stem van Suid-Afrika was van 1957 tot 1994 die amptelike volkslied van Suid-Afrika. Die woorde is geskryf deur C.J. Langenhoven en die musiek is gekomponeer deur M.L. de Villiers. Ten spyte van pogings wat deur die owerheid aangewend is om ’n aanvaarde Engelse vertaling daarvan te verkry, is die volkslied gewoonlik in Afrikaans gesing. In 1994 het Nkosi Sikelel’ iAfrika ook ’n amptelike volkslied geword en in 1997 het die eerste twee reëls van die Stem, saam met Engelse reëls, en Xhosa- en Sotho-dele van Nkosi Sikelel’ iAfrika Suid-Afrika se nuwe volkslied geword.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stellenbosse Distriksbank
Volgende onderwerp: Stent, Vere Palgrave
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:16:49 MGT 2024