Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stavenisse
Stavenisse [boodskap #123967] Sa, 12 Januarie 2019 16:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Stavenisse was 'n Nederlandse Oos-Indië-vaarder wat op 16 Februarie 1686 aan die kus van Natal, tussen die mond van die Umzinto- en Umzimkulu-rivier, gestrand het. Nagenoeg 60 oorlewendes onder kaptein Willem Knyff het die strand gehaal en uit die wrak 'n kleiner vaartuig gebou waarmee 20 van hulle na die Kaap die Goeie Hoop geseil het. Die Centaurus, soos die vaartuig genoem is, het in die Kaap aangekom en later teruggekeer om die agtergeblewenes te gaan haal. Die Noord is ook gestuur en het 'n hele paar ander opgepik. Die skip se bevelvoerder het die Baai van Natal teen £50 van die plaaslike opperhoofde gekoop, maar die transaksie is nie deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie erken nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Star
Volgende onderwerp: Stead, William Thomas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:23:24 MGT 2024