Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Star
Star [boodskap #123966] Sa, 12 Januarie 2019 16:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Star is 'n middagblad in Johannesburg. Op 6 Januarie 1871 as die Eastern Star or Grahamstown Advertiser and Anglo-African in Grahamstad gestig. Deur ’n drukker, O’Brien, gestig, maar is later beheer deur die broers Thomas en George Sheffield, en verskyn weekliks. Na die dood van die belangrikste finansiële ondersteuner, Dean Williams, in 1887, is dit verskuif na die nuutontdekte Witwatersrand. Op 17 Oktober van daardie jaar het die eerste koerant in Johannesburg verskyn. ’n Tyd lank is dit nog die Eastern Star genoem en verskyn twee keer per week. Op 1 April 1889 het dit die Star geword en is daagliks uitgegee. Nadat dit in 1897 met die Regering van president Kruger gebots het, is die publikasie daarvan tydelik gestaak en het dit ’n tyd lank verskyn onder die titel, The Comet. Publikasie is tydens die Tweede Vryheidsoorlog beëindig, maar in Januarie 1902 het dit herverskyn. Sedertdien is dit gereeld gepubliseer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stanger
Volgende onderwerp: Stavenisse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:43:27 MGT 2024