Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stanger
Stanger [boodskap #123965] Sa, 12 Januarie 2019 16:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Stanger is 'n dorp aan die noordkus van Natal, vernoem na dr. William Stanger, die eerste Landmeter-generaal van Natal, en omstreeks 1850 gestig. Belangrike sentrum vir suikerproduksie en algemene boerdery. Tee is vroeër daar naby by Kearsney geproduseer. Daar is ’n monument ter ere van die Zoeloekoning, Tsjaka, in die dorp. Op die terrein van die huidige Stanger was Tsjaka se hoofkraal, nl. Dukuza, geleë, ’n feit wat nog goed deur die Zoeloes onthou word. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 11,000 (1,850 Blankes, 5,250 Indiërs en 3,500 Bantoes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stanford
Volgende onderwerp: Star
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:21:34 MGT 2024