Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Standplaas
Standplaas [boodskap #123963] Sa, 12 Januarie 2019 14:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Standplaas was 'n grondtitel aan die Witwatersrand en in ander myndistrikte. Die benaming het mettertyd na die res van die land versprei en die term "erf" verdring.

Dit het sy oorsprong op Pelgrimsrus onder die delwers wat gedurende die vroeë dae van die goudveld in die jare 1870 die gewoonte gehad het om 'n plot of ’n stuk grond te verkry waarop hulle dan hulle gereedskap en tente langs die kleims bêre waar hulle in die rivier besig is met spoeldelwery. Hiervoor het hulle 'n gewone tarief van 10/- per maand betaal. Later is dorpsgebiede met standplase aangelê, sowel in Barberton as in Johannesburg. Sodoende het ’n stelsel van verhuurde eiendom ontstaan wat in 'n sekere mate vandag nog gebruik word. Sedert die Wet op Dorpsgebiede van 1908, is daar voorsiening gemaak vir fasiliteite vir die omsetting van verhuurde eiendom na volle of vrye besit of eiendomsreg, teen die betaling van 'n vasgestelde tarief van vergoeding aan die eienaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Standerton
Volgende onderwerp: Stanford
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:04:15 MGT 2024