Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Standerton
Standerton [boodskap #123962] Sa, 12 Januarie 2019 14:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Standerton is 'n dorp in Transvaal aan die Vaalrivier. In 1879 gestig en vernoem na die oorspronklike boer, Adriaan Stander. ’n Groot brug wat deur die Republikeinse regering daar gebou is, is tydens die Tweede Vryheidsoorlog opgeblaas en baie gevegte het in die omgewing plaasgevind. Na die vrede tot die Eerste Wêreldoorlog, was dit ’n garnisoen-dorp vir die Imperiale magte. Vandag is Standerton bekend vir sy beeshandel, meulbedryf en ander nywerhede. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 21,000 (6,698 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Standard Bank
Volgende onderwerp: Standplaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:29:58 MGT 2024