Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Standard Bank
Standard Bank [boodskap #123961] Sa, 12 Januarie 2019 14:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Standard Bank van Suid-Afrika Bpk. is een van die groot banke in Suid-Afrika. Die eer vir die stigting van hierdie instelling kom John Paterson van Port Elizabeth toe wat in 1857 die eerste poging aangewend het om die bank te stig. Nadat hy nie genoeg steun in die Kaap kon kry nie, het hy munt geslaan uit die nuwe Engelse Maatskappywet en die Standard Bank of British South Africa (die oorspronklike naam) in 1862 geregistreer as een van die vroegste ondernemings ingevolge daardie wet. Dit het begin met ’n kapitaal van£ 1,000,000 en snel gegroei, veral met die ontdekking van die diamantveld. In 1863 is die volgende banke daarby ingelyf: die Commercial Bank of Port Elizabeth, die Colesberg Bank, die Brittish Kaffrarian Bank en die Fauresmith Bank in die Oranje-Vrystaat. Die Beaufort West Bank is in 1864 oorgeneem, die Fort Victoria en die Fort Beaufort Bank in 1873, die Albert Bank in 1874, die Swellendam Bank en die London and South African Bank in 1877, die Malmesbury-Landboubank die Caledonse Landboubank in 1878, die Wellington Bank in 1890, die Kaffrarian Colonial Bank en die Westem Province Bank in 1891, die Worcester Commercial Bank in 1892, en die African Banking Corporation in 1920. Afgesien daarvan dat dit takke in al die dele van die Republiek het, het die Standard Bank ook ’n reeks takke dwarsdeur Namibië (Suidwes-Afrika), Mosambiek, Zimbabwe (Rhodesië), met verteenwoordigers in die meeste belangrike oorsese sentrums. Sy hoofkantoor is in Londen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Skakel: https://www.standardbank.co.za/
Vorige onderwerp: Standard and Diggers News
Volgende onderwerp: Standerton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:21:45 MGT 2024