Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stals, Dr. Albert Jacobus
Stals, Dr. Albert Jacobus [boodskap #123959] Sa, 12 Januarie 2019 13:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Albert Jacobus Stals was 'n Suid-Afrikaanse minister. In 1880 op Tulbagh gebore. Hy ontvang sy opleiding op Stellenbosch, Dublin en Berlyn, en bekwaam hom in die regte en in die medisyne met lof in albei. Hy word Parlementslid as L.V. vir Hopetown en dien ook as lid van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, die Raad van Handel en Nywerheid en die Skeepvaartraad, laasgenoemde waarvan hy voorsitter was. Toe dr. D.F. Malan in 1948 aan die bewind kom, is hy aangestel as Minister van Gesondheid en Volkswelsyn. In 1951 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Staatsdiens
Volgende onderwerp: Standard and Diggers News
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:35:49 MGT 2024