Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Staatsdiens
Staatsdiens [boodskap #123958] Sa, 12 Januarie 2019 13:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Staatsdiens is 'n groep departemente wat deur die regering daargestel is om die staatsadministrasie te behartig. Ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika val die beheer van sy Staatsdiens onder die Staatsdienskommissie, ’n permanente liggaam met sy hoofkantoor in Pretoria. Sy pligte sluit in die skepping van nuwe poste, hulle klassifikasie en gradering, die vasstelling van salarisskale en pensioene, aftreevoorwaardes ens. Die Staatsdiens sluit egter nie die Staatspresident en sy personeel, regters van die Hooggeregshof, of werknemers van die Suid-Afrikaanse Spoorweë, Hawens en Lugdiens, Provinsiale Administrasies (en vroeër die Administrasie van Suidwes-Afrika) in nie. Lede van die Weermag, die Suid-Afrikaanse Polisie, die Poskantoor en ander staatsdepartemente word hieronder ingesluit.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Staatsartillerie
Volgende onderwerp: Stals, Dr. Albert Jacobus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:49:07 MGT 2024