Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Staatsartillerie
Staatsartillerie [boodskap #123957] Sa, 12 Januarie 2019 13:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Staatsartillerie was die enigste staande magte in die twee Boererepublieke, die Oranje-Vrystaat en Transvaal (S.A. Republiek). Albei eenhede het hulleself onderskei in doeltreffendheid en dapperheid.

Dié in die O.V.S. was die ouer een, wat reeds in 1880 gestig is, onder majoor R. Albrecht, ’n Duitse offisier, met ’n oorlogtydse mag van 400 man.

Die Staatsartillerie van die S.A. Republiek dateer uit die jaar 1890, twee van sy offisiere, maj. J.F. Wolmarans en maj. P.E. Erasmus, is vir opleiding na Europa gestuur. Dis opgebou met die hulp van Duitse en Oostenrykse offisiere en toegerus met Krupp en Franse (Schneider) gewere. Ten tye van die Tweede Vryheidsoorlog was dit 800 man sterk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Square Hill
Volgende onderwerp: Staatsdiens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:21:32 MGT 2024