Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Springbok (Antidorcas marsupialis)
Springbok [boodskap #123948] Sa, 12 Januarie 2019 11:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Springbok.
'n Springbok.
Die Springbok (Antidorcas marsupialis) was vroeër die volopste van alle Suid-Afrikaanse boksoorte, maar nou is hulle hoofsaaklik beperk tot 'n aantal plase en wildtuine. Vroeër dae het groot troppe in dolle vaart oor die Karoo, selfs deur dorpe getrek en groot skade aangerig. Vandag kan hulle nie sonder permit geskiet word nie. Die bok het lekker vleis. Dit is 'n besonder sierlike bok en albei geslagte het horings. Die rooierige bruin van die rus is deur ’n donker streep van die suiwer wit van die onderkant geskei. Omtrent 75 cm (30 duim) hoog van die skouer af.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Springbok (dorp)
Volgende onderwerp: Springbok-Legioen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:58:00 MGT 2024