Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Spreeu (Stumidae)
Spreeu [boodskap #123945] Sa, 12 Januarie 2019 11:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Rooivlerkspreeu in die Krugersdorp Wildreservaat.
'n Rooivlerkspreeu in die Krugersdorp Wildreservaat.
Spreeus (Stumidae) is 'n familie voëls wat volop in Suid-Afrika voorkom. Daar is drie verskillende tipes:

1. Bosluisvoëls of renostervoëls;
2. Glansspreeue, waarvan almal, insluitend die groot rooivlerkspreeu wat die Kaapse rooikrans en vrugtebome dikwels besoek, ’n metaalagtige glans het; en
3. Die tipes met minder deftige veredos soos die gespikkelde Europese spreeu en die vaalspreeu.

Laasgenoemde is ’n vaalbruin voël, so genoem vanweë die mannetjie se kleur tydens die broeityd; ook sprinkaanvoël genoem as gevolg van sy gewoonte om swerms sprinkane te volg en sy nes in massas te bou waar hulle hulle vestig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Spotvoël, Blou
Volgende onderwerp: Sprigg, Sir John Gordon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:27:18 MGT 2024