Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Speg (Picidae)
Speg [boodskap #123929] Sa, 12 Januarie 2019 10:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Mannetjie en 'n wyfie grondspegte.
'n Mannetjie en 'n wyfie grondspegte.
Spegte (familie Picidae) is voëls van middelmatige grootte met ’n interessante aanpassing van boomklim en insektejag. Hulle het twee sterk kloue wat na agter gedraai is, twee voorkloue wat buitengewoon sterk is, reguit snawels vir die boor en uittrek van insekte, klewerige tonge en stertvere wat as ’n stut vir die klim dien. Hulle word gekenmerk deur ’n luide gefluit. Hulle gebruik ook ’n seinmetode deur middel van ’n geklop.

Die mees wyd verspreide een is die kardinaalspeg. Een lid van die familie, die grondspeg of die gekroonde speg (Geocolaptes olivaceus), verkies ’n ander soort houplek, in oop landskap, verkieslik tussen rotse. Hulle word gewoonlik in klein groepies aangetref, kry hulle kos uitsluitlik uit die grond en boor ’n tonnelnes in ’n wal.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sparrman, Andreas
Volgende onderwerp: Spekbossie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:43:22 MGT 2024