Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sparrman, Andreas
Sparrman, Andreas [boodskap #123928] Sa, 12 Januarie 2019 10:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Andreas Sparrman was 'n Sweedse natuurkundige en reisiger aan die Kaap. In 1747 gebore. Hy studeer in die medisyne en deur sy vriendskap met kaptein Ekeberg van die Brits-Sweedse Oos-Indiese Kompanjie, word hy aangestel as privaatonderwyser van Onder-goewerneur M. Kerst van die Kaap die Goeie Hoop. Hy kom in 1772 aan, word ’n tolk en kry verlof van goewerneur Van Plettenberg om in die medisyne te studeer. Met die aankoms van kaptein James Cook se eerste ekspedisie na Australië daardie jaar, sluit hy aan by sy personeel maar keer in 1775 terug en trek so ver as die hedendaagse Oos-Kaapland. In 1776 gaan hy terug na Swede en publiseer die eerste deel van sy Voyage to the Cape of Good Hope wat gou in Engels vertaal is (1782 en 1785). Hy was een van die eerste besoekers wat 'n ernstige studie van Suid-Afrikaanse plantkunde gemaak het. In 1820 in Stockholm oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Spanspek
Volgende onderwerp: Speg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:46:33 MGT 2024