Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » South-West Africa Company
South-West Africa Company [boodskap #123917] Sa, 12 Januarie 2019 10:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die South-West Africa Company was 'n Anglo-Duitse maatskappy wat in 1892 gestig is om groot eiendomme in Damaraland te ontwikkel. Hierdie grond het oorspronklik 4,500 vk. myl, bestaande uit plase, beslaan, meer as 22,000 vk. myl minerale regte gedek en ook myn- en eiendomsreg ingesluit langs ’n streek van ses myl weerskante van enige spoorlyn wat deur hulle gebou is noord van die Steenbokskeerkring. Hierdie maatskappy het die Otavi Minen und Eisenbahn-Gesellschaft (sien Otavi-Myn) geborg. Onlangs was dit hoofsaaklik besig met prospekteerdery en het dit vanadium ontgin. Na die Eerste Wêreldoorlog is sy Duitse bande verbreek. Die hoofkantoor is in Londen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Southport
Volgende onderwerp: Soutpan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:35:15 MGT 2024