Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » South African Irish
South African Irish [boodskap #123914] Sa, 12 Januarie 2019 10:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die South African Irish was 'n Suid-Afrikaanse militêre eenheid, amptelik 22ste Veldregiment, Suid-Afrikaanse Artillerie. In November 1939 as die South African Irish gestig. Doen krygsdiens in Abessinië en Oos-Afrika en in Egipte as deel van die 1ste Suid-Afrikaanse Divisie in die Tweede Wêreldoorlog. Veg in 1941 by Sidi Rezegh waar meer as 50 persent van die regiment gedood, gewond of gevangene geneem is, en daarna saam met die 4de Veldregiment, Suid-Afrikaanse Artillerie, by Alamein. Leuse: ‘Faugh a Ballagh’.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: South African Corps of Chaplains
Volgende onderwerp: South Airican League
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:19:22 MGT 2024