Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » South African College (SACS)
South African College [boodskap #123911] Sa, 12 Januarie 2019 09:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die South African College (SACS) is 'n hoërskool en voorbereidende skool vir seuns in Kaapstad. Oudste inrigting in sy soort in Suidelike Afrika. In 1829 gestig as die ‘Het Zuid Afrikaansch Atheneum’ om voorsiening te maak vir sowel gewone as hoër onderwys vir die Koloniste. Het graadkursusse aangebied na die stigting van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop in 1873, wat geleidelik van die South African College afgeskei het en uiteindelik die Universiteit van Kaapstad geword het in 1918. Die oorspronklike inrigting het die South African College High School geword op sy oorspronklike terrein in die voorstad, Tuine. Dit het daar gebly tot die eerste van ’n groot nuwe gebouekompleks in Nuweland betrek is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: South African Association for the Administration and Settlement of Estates
Volgende onderwerp: South African Constabulary
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:17:25 MGT 2024