Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sout
Sout [boodskap #123909] Sa, 12 Januarie 2019 09:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sout word op 'n souttpan gedroog.
Sout word op 'n souttpan gedroog.
Sout kan na een van die volgende verwys:

1. 'n Natuurlike geurmiddel wat daagliks in kos geëet word. Die soutpanne van Suidelike Afrika is altyd deur wilde diere gebruik as leksels. Naturelle het selfs sout as betaalmiddel gebruik. Die Panneveld van Noord-Kaapland is deur die vroeë setlaars ontwikkel. Sout word vir die handel naby Jacobsdal, O.V.S., Port-Elizabeth, Vryburg, ens. en naby Kaap Kruis in Namibië (Suidwes-Afrika) geproduseer.

2. ’n Suid-Afrikaanse gemeensame uitdrukking met verskeie betekenisse, onder andere:
(i) ’n Gesoute perd is een wat perdesiekte oorleef het en derhalwe bestand is teen hierdie siekte.
(ii) Om 'n myn te ‘sout’ is om op bedrieglike wyse goud of ander kosbare metale in 'n bar rots of klip in te voeg deur 'n geweer met die metaal te laai en dit teen die erts vas te skiet, of ook op ander maniere. Om bar grond met diamante te ‘sout’ is ’n soortgelyke ernstige wetlike oortreding.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sosatie
Volgende onderwerp: South African Association for the Administration and Settlement of Estates
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:05:01 MGT 2024