Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sonvis (Plaatvis)
Sonvis [boodskap #123904] Sa, 12 Januarie 2019 08:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Sonvis (of Plaatvis) (Mola) is ’n familie seldsame vis, waarvan die meeste tussen 6 en 10 voet lank is. Hulle is rond en plat (mola, ’n meulsteen) met ’n krom neus, hulle koppe en liggame vorm ’n geheel, met uitstaande stertvinne. Die seesonvis (Mola mola) word van Desember tot Maart taamlik algemeen aangetref terwyl hy lui-lui op die oppervlakte van die Kaapse water swem. ’n Homprug-soort, wat die eerste keer in 1839 in Alexandrië aangemeld is (M. alexandrini) is ook in 1934 by Kommetjie (Kaap) aangetref en by Seepunt, Kaapstad in 1942. Die baie kleiner stomp sonvis (Ranzania truncata), wat 28 duim lank is, is ook reeds ’n paar keer by die Kaap aangetref.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sonop
Volgende onderwerp: Soogdiere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:26:59 MGT 2024