Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Somerset, Lord Charles Henry
Somerset, Lord Charles Henry [boodskap #123894] Sa, 12 Januarie 2019 07:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lord Charles Henry Somerset was die Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. In 1768 gebore, die tweede seun van die Hertog van Beaufort en kleinseun van die beroemde admiraal Boscawen. Kom op S April 1814 aan die Kaap aan. In geheel gesien het hy ’n stormagtige dienstermyn gehad, hoofsaaklik vanweë sy outokratiese optrede. Die beskuldiging dat hy spandabelrig en onbekwaam was om sy geldsake te beheer, is dikwels in die Britse laerhuis bespreek. Aan die ander kant het hy intens belang gestel in die ontwikkeling van Landbou en was hy ’n goeie vriend van die 1820-Setlaars in hulle tye van nood. Verskeie dorpe is tydens sy ampstermyn gestig, onder meer Beaufort-Wes, Somerset-Oos, Somerset-Wes en Fort Beaufort, almal na sy familie vernoem. Sy groot geskil oor die vryheid van die pers het hom in botsing gebring met Thomas Pringle en John Fairbairn. Nadat hy na Engeland teruggeroep is om verantwoording te doen vir sy optrede, het hy in April 1827 bedank. Op 20 Februarie 1831 in Brighton oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Somabula
Volgende onderwerp: Somerset-Oos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:45:33 MGT 2024