Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Solomon, Sir William Henry
Solomon, Sir William Henry [boodskap #123892] Sa, 12 Januarie 2019 07:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir William Henry Solomon was die Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. In 1852 op Bedford, Kaapland, gebore. Studeer aan Lovedale, die South African College en Cambridge. In 1877 word hy advokaat by die Inner Temple en begin die volgende jaar aan die Kaap praktiseer. Hy was ook ’n tyd lank in Kimberley waar hy in 1887 regter word. Nege jaar later is hy verplaas na die Oostelike Distrikte-Hof op Grahamstad. Na die Tweede Vryheidsoorlog word hy regter van die pasgestigte Hooggeregshof van Transvaal en in 1910 een van die oorspronklike regters van die Appèlafdeling in Bloemfontein. In 1927 word hy Hoofregter en tree af in Oktober 1929. Op 23 Junie 1930 in Wallis oorlede. Hy is beskou as een van die grootste regsgeleerdes wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Solomon, Saul (Junior)
Volgende onderwerp: Somabula
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:05:20 MGT 2024