Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Solomon, Saul
Solomon, Saul [boodskap #123890] Sa, 12 Januarie 2019 07:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Saul Solomon was 'n Kaapse staatsman, drukker en uitgewer. In 1817 van Joodse ouers op St. Helena gebore. Kom as kind na die Kaap, studeer aan die South African College waar hy een van die briljantste studente was en word vakleerling in die drukkersbedryf. In 1840 stig hy die beroemde firma, Saul Solomon & Co., wat gou die Staatsdrukker geword het. In 1853 word hy lid van die eerste Kaapse parlement waar hy deur sy bekwaamheid die bynaam ‘Kaapse Disraeli’ gekry het. In 1857 het hy begin belang stel in die Cape Argus (gestig deur B.H. Darnell en R.W. Murray en in 1863 word hy die enigste eienaar. Hy het gou groot invloed uitgeoefen dwarsdeur Suid-Afrika. Toe Verantwoordelike Bestuur in 1871 aan die Kaap toegeken is, is hy gevra om Eerste Minister te word, maar hy het geweier. Hy was liberaalgesind, ’n groot kampvegter vir die Nie-Blankes en ook ’n voorstander van staatshulp vir kerkfinansies en ander hervormings.

Sy sake-ondememing raak insolvent na sy aftrede in Skotland, maar is in 1886 heropgebou en bestaan vandag nog as die Argus Printing and Publishing Company. Sy loopbaan is te meer merkwaardig aangesien sy groei as gevolg van ’n kindersiekte heeltemal belemmer is. Oorlede in 1892.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Solly, Mev. Julla Frances
Volgende onderwerp: Solomon, Saul (Junior)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:34:43 MGT 2024