Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sokker (voetbal)
Sokker [boodskap #123887] Sa, 12 Januarie 2019 07:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sokker word gespeel.
Sokker word gespeel.
Sokker (of voetbal) is 'n balspel tussen twee spanne van elf spelers elk wat op 'n reghoekige grasveld gespeel word. Punte word aangeteken deur die bal in die teenstanders se doelhok in te skop. Slegs die doelwagters mag hul hande gebruik. Die wenner is die span met die meeste doelpunte teen die einde van die wedstryd.

Hoewel die prestasies van Suid-Afrikaners in rugby groter opspraak verwek het, was sokker nog altyd ’n gewilde sport. Deesdae staan Suid-Afrika se nasionale span bekend as die Bafana Bafana en die vroue-span as die Banyana-Banyana, wat deur die Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie bestuur word.

In die vroeë dae is dit gespeel deur lede van die garnisoen, maar die eerste ernstige poging om dit stelselmatig te laat posvat, is in 1881 in Port Elizabeth aangewend deur ’n Skotse speler, voorheen van Queen’s Park. Met sy dood is die planne laat vaar. Natal het egter in Junie 1882 sy eie Sokker-vereniging, bestaande uit 5 klubs gestig. Die spel het vroeg aan die Rand en op die Diamantveld inslag gevind, maar dit was sir Donald Currie wat die eerste keer werklik deelname aan die sportsoort aangemoedig het deur dit in 1892 by die jaarlikse Curriebeker-toernooi in te sluit. Sokker het ook groot opgang gemaak by skole.

Die Griekwaland-Wes-Sokkervereniging dateer uit die jaar 1890, die Westelike Provinsie-Sokkervereniging uit 1896 en die Transvaalse Sokkervereniging uit 1899. Die eerste besoekers het in 1897 hier aangekom toe ’n span van Korinthiërs uit Brittanje deur Suid-Afrika getoer het. Die span het al die plaaslike spanne geklop, maar groot geesdrif vir die spel aangewakker. Suid-Afrika het sy eerste span in 1906 oorsee gestuur toe Harry N. Heeley die span teen die Argentyne aangevoer het. Die volgende oorsese besoek was eers in 1924 toe ’n span deur Brittanje getoer het.

Beroepsokker is in 1959 deur die Nasionale Sokkerliga ingestel. Dit het van krag tot krag gegaan en ’n skare van meer as 20,000 is glad nie ongewoon by groot wedstryde nie. Baie beroepspelers van Engeland, Skotland en Griekeland is deur verskeie klubs ingevoer en gevolglik lok amateursokker nie sulke groot skares nie. Onlangse besoekers soos Tottenham Hotspur in 1963 en Arsenal in 1964 het daartoe bygedra dat sokker nog groter belangstelling gaande gemaak het.

Suid-Afrika was tussen 1966–1974 van die FIFA-Wêreldbeker uitgesluit. Tussen 1978 en 1990 was Suid-Afrika nie 'n FIFA-lid nie. Suid-Afrika het die eerste keer in 1996 aan die Afrikanasiesbeker deelgeneem (hulle kon nie in 1994 kwalifiseer nie). Die kompetisie is dié jaar die eerste keer in Suid-Afrika aangebied en deur Bafana-Bafana gewen.

In 2009 het Suid-Afrika die Konfederasiebeker aangebied en in 2010 die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi, die eerste Afrika-land wat die voorreg te beurt val.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Soga, Eerw. Tiyo
Volgende onderwerp: Solf, Dr. Wilhelm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:37:34 MGT 2024